

STOMPIE SE POFADDER
vetderm
lewer
hart
niere
knypie sout
1 eetlepel vars gemaalde swart peper
2 eetlepels vars gemaalde koljander
1 uitjie, fyn gerasper
1 eetlepel Worcestersous
Vat vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Krap dit mooi skoon.
Vat lewer en wat jy wil van die hart, niere en milt (opsioneel) en sny dit in klein stukkies. Jy kan dit grof maal ook. Geur met smaakmiddels. Meng alles saam, stop in vetderm en braai op kole.
Sprinkel growwe sout oor as dit gaar is.
Stompie Theron Borman: Die resep hier bo is min of meer soos ek dit maak, ek gebruik net die lewer, niertjies en hart en dan sit ek ui, knoffel, sout en peper na smaak by, jy kan jou eie kruie na smaak byvoeg.
Foto: Stompie Theron Borman