SPANSPEKKONSERF

SPANSPEKKONSERF
Halveer en ontpit 1 kg halfryp spanspek in klein blokkies gesny.
Strooi 500 g wit suiker oor die blokkies.
Bedek en laat oornag staan om stroop te vorm.
Voeg die pulp van 20 ryp granadillas, die sap van 2 suurlemoene en die fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen by die spanspek.
Verhit die mengsel vinnig tot kookpunt en roer aanhoudend.
Verhit nog 500 g witsuiker tot sterk lou en roer geleidelik by die vrugtemengsels.
Hou aan roer totdat al die suiker opgelos is.
Kook die konserf ongeveer ‘n halfuur lank vinnig tot dik en roer gereeld.
Skuim die konserf af, indien nodig, bottel dit warm en verseƫl dit dadelik.