SOETSUURFRIKKADELLE
SOETSUURFRIKKADELLE
Frikkadelle:
750 g maalvleis
10 ml kerriepoeier
50 ml tamatiessous
50 ml worcestersous
25 ml koekmeel
sout en peper na smaak
50 ml olie
Meng al die bestanddele behalwe die olie, Vorm dit in klein frikkadelle. Verhit die olie en braai die frikkadelle daarin tot gaar.
Sous:
1 geelwortel geskil
1 ui geskil
470 g blik pynappelstukke
1 komkommer geskil
30 ml olie
25 ml mielieblom
125 ml water
1 hoenderekstrakblokkie
15 ml sojasous
30 ml tamatiesous
Sny die wortel in dun repies, sny die ui in ringe. Dreineer die pynappelstukke en hou die stroop eenkant. Sny die komkommer in blokkies. Verhit die olie en braai die ui en wortel. Voeg die komkommer en pynappel by en braai nog ‘n paar minute. Verwyder van die hitte. Meng die mielieblom en water en voeg die pynappelstroop, ekstrakblokkie, sojasous en tamatiesous by. Kook hierdie sous tot dik. Plaas die groente en frikkadelle in die sous, kook ‘n paar minute deur en bedien op basmatierys of kapokaartappels.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Petro Labuschagne Coetzee

