SNEEUBALLETJIES – MARSHMALLOW SNOW DROPS
SNEEUBALLETJIES – MARSHMALLOW SNOW DROPS
2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
45 ml drinksjokoladepoeier
120 g botter
1 x 397 g blikkie kondensmelk
175 g mini (of gewone) malvalekkers
100 g droë klapper
Lewer ongeveer 25 tot 30.
Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ‘n voedselverwerker.
Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.
Maak jou hande effens nat en sit ‘n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.
Sit ‘n malvalekker in die middel en vorm ‘n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.
Doen so voort totdat al die bestanddele opgebruik is. Verkil voor opdiening.
NS: Hierdie resep kan vir groot gesinspret sorg. Dit is maklik om te maak en verskaf kwali- tyd met die kroos in die kombuis. Dit laat mens wonder wat is die lekkerste: om te maak of om te eet?
Resep: Annette Olivier

