SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK

SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK
650 ml koekmeel
90 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
3 ml sout
325 ml strooisuiker
160 ml olie
30 ml asyn
5 ml vanilla
500 ml water

Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water. Voeg geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word. Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne. Bak 35-40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50-55min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word. Versier soos verkies.
NOTA en Foto: Gerda Erasmus Pretorius
Belangrik: Wat ek gedoen het, ek het die resep 2x apart vir elke koekpan aangemaak.