SAMOOSAS


SAMOOSAS
Resep en foto: Chrissie Havlicek
FOOD LOVERS RECIPES
Deeg:
500 ml koekmeel
5 ml sout
180 ml koue water

Knie goed en deel in 8 dele.
Rol baie dun uit soos papier. Sny stroke 7 cm breed sny nou ‘n 45 ยบ hoek en vou jou driehoek.
Vulsel.
500 g maalvleis
30 ml margarine
2 middelslag uie
10 ml groen brandrissie gekap
5 ml sout
5 ml vars gemmer
2 ml knoffel
1 klein bossie koljander
30 ml groen salot

2 ml gharum masala

Braai die ui in die margarien, gooi die res by en braai saam buiten die sout, roer jou maalvleis b en geur na smaak met die sout.