ROMERIGE MACARONI-MELKKOS


ROMERIGE MACARONI-MELKKOS
250 ml macaroni-stukkies
1 l melk
25 ml botter
2 eiers
50 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
kaneelsuiker
Mikrogolf macaroni stukkies, 500 ml van die melk en die botter saam vir 15 min oop by 100% krag in ‘n diep 3,5 l bak en roer die mengsel elke 5 min goed om.
Skep die macaroni-stukkies met ‘n gleuflepel uit en kap dit in ‘n voedselverwerker of met ‘n mes fyner(ek gebruik sommer aartappeldrukker) . Voeg dit weer by die melk waarin dit gemikrogolf is.
Skei die eiers en klits die eiergele saam met 125 ml van die oorblywende melk, die koekmeel, bakpoeier en sout. Voeg dit saam met die oorblywende 375 ml melk by die macaroni mengsel. Mikrogolf dit 6-7 min oop by 100% krag en roer dit af en toe.
Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou dit liggies by die macaroni-mengsel in.
Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
Geniet dit
Resep: Tiana Botes
Foto: Cola Roos