ROLLY POLLY

rolly polly
ROLLY POLLY
1 koppie botter/margarine
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
¼ koppie melkSif die droë bestandsele saam.
Vryf die botter in.
Klits eiers goed en voeg melk by.
Voeg by die droë bestanddele en meng.
Rol die deeg uit en smeer appelkoos konfyt oor.
Rol op soos ‘n rolkoek en sny in skywe.
Pak bietjie uitmekaar uit in ‘n oondbak, dit swel uit.

Maak sous van die volgende en skep oor die deegwiele:
3 koppies water
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
Kook bogenoemde  saam in mikrogolf vir 5 min.
Bak 1 uur by 180ºC

GENIET DIT.

Resep en foto: Vicki Veiga Broodryk