ROCKY ROAD


ROCKY ROAD
500 ml ‘Rice Crispies’
125 ml gesoute peanuts
20 rooi glanskersies, in stukkies gesny
250 ml pienk en wit Marshmallows, in stukkies gesny
200 ml gesmelte melk sjokolade
400 ml melk sjokolade met neute
Meng die ‘Rice Crispies’ met die peanuts, kersies, Marshmallows en gesmelte melk sjokolade. Smeer dit egalig in ‘n plat glasbak. Smelt nog 400ml melk sjokolade met neute en gooi dit bo oor. Laat dit afkoel en sny in blokke.
Geplaas deur Michelle Michele Cronje