POFFERTJIES

poffertjies
POFFERTJIES

Kan enige soort vulsel gebruik om in te skep. Die deegie bak lekker om die vulseltjie en is n treffer op enige vinnger ete funksie,
Klits saam:
250ml melk,
2 eiers
125ml olie.
Voeg dan by:
250ml Koekmeel,
5ml bakpoeier,
2ml sout,
2ml fondor.
Meng alles goed deur.
Die deeg is baie slap, spuit klein kolwyntjie pannetjies,
Skep eers bietjie deeg onder in die pannetjie en dan die vulsel en dan weer n skeppie deeg bo-oor.
Bak teen 230 grade tot ligbruin en gaar.
So ek dink as jy kaas en mushrooms fyn kap en meng kan jy dit so tussen die 2 deegies bak en dit is regtig waar heerlik

Resep geplaas deur Trudie Brand