PICCALILLI – MOSTERDSUURTJIES MET SAMPIOENE


PICCALILLI – MOSTERDSUURTJIES MET SAMPIOENE
500 g sampioene
500 g blomkool
500 g dwerguitjies
500 g murgpampoentjies
250 ml water
50 g mielieblom
2 liter wit asyn
200 g wit suiker
100 ml appelkooskonfyt
20 ml mostertpoeier
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
5 ml sout

Vee die sampioene skoon en halveer. Sny die blomkool in stukkies. Skil die uitjies. Sny die murgpampoentjies in skyfies. Vermeng die groente en kook dit in die water tot amper gaar. Dreineer die groente en skep dit n inmaakflesse. Vul die vloeistof aan tot 250 ml en maak die mielieblom daarmee aan. Verhit die res van die bestanddele saam tot kookpunt. Roer die aangemaakte mielieblom by en prut die sous ongeveer 5min. Giet dit oorlopens toe oor die groente en verseƫl die flesse.