PETRA SE TUISGEMAAKTE ROOM

tested

PETRA SE TUISGEMAAKTE ROOM
(moe mooooe mooooooe)
250 g botter dis 1 ½ koppie SAGTE BOTTER MAAR NIE GESMELT NIE GROOT SEBLIEF!
¾ koppie strooisuiker
1 teelepel gelatien
¼ koppie warm water
½ teelepel kremetart
¼ koppie koue kraan water

Meng die gelatien met ¼ koppie warm water tot dit gesmelt het, hou eenkant om af te koel, sommer kamertemperatuur.
Meng die sagte botter en strooisuiker bymekaar en klits die lewendige helle uit dit totdat dit wit of naastenby wit is. Ek het elektriese klitser gebruik.
Voeg baie stadig die koel gelatien mengsel by en meng nog.
Neem nou die ¼ koppie koue water en voeg ‘n ½ teelepel kremetart by en meng tot alles fluffy is.
Proe bietjie en laat weet.

HIERDIE ROOM KAN JY VRIES OOK. Sit dit in die yskas en as jy dit die volgende dag gebruik, laat dit maar eers so rukkie buite die yskas staan sodat dit lekker smeerbaar raak soos toe jy dit geklits het.
Weet julle wat is lekker. Daai sagte rolls wat mens koop, nie die bros ene nie, die sagte rolls, hamburger or hotdog rolls. Sny hom oop, geen botter, en sit dan die room daarop met dollop konfyt bo-op.
Sif versiersuiker bo op en jy het die lekkerste dounut ooit.
Baie gewild hier in Oz en almal is GEK DAAROOR !!!!! Ek BELOWE !! hehe
Julle kan dit verkoop ook by entrepeneurs dag of stalletjies, room kannie gou suur word nie nê
Resep: Petra Prestorius
Foto: Benhet Nieuwenhuis