PEERTERT

peertert
PEERTERT
1 pak Romany Creams (Ek het Peppermint geur gebruik)
1 blik peer halwes
Kersies
1 Peppermint Crisp
Pak Romany Creams in ‘n tertbak. (Rond werk makliker)
Giet die peersap bo-oor die koekies en laat staan vir halfuur.
Pak die peerhalwes bo-op die koekies en versier met kersies.
Bak by 180°C vir 20 – 30 min.
Haal uit en rasper Peppermint Crisp bo-oor terwyl die tert nog warm is.
Vir die tert op die foto het ek 2 pakkies koekies en 2 klein blikkies pere gebruik. Kan warm of koud bedien word en met roomys of vla soos verkies.

Resep en foto: Suzette Minnaar