OW-OW BRAND SOUS


OW-OW BRAND SOUS
15 rissies (chillies)
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruinsuiker
2 koppies bruinasyn
1 groot lepel elk van:
kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, selderysaad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie

Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies.
Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan.
Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruinsuiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper ‘chutney’-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar.