MURGPAMPOENTJIE SLAAI

tested
MURGPAMPOENTJIE SLAAI
Hierdie is sommer my eie.
SOUS:
1 koppie suiker
1½ koppie druiweasyn
115 g tamatiepasta
2 teelepels Worcestersous
2 teelepels aangemaakte mosterd
sout en peper
2 eetlepels mielieblom (aangemaak met ‘n klein bietjie water)

Meng alles saam en verhit tot die suiker gesmeld het. Laat dit goed prut.
As die sous te veel is kan dit in die yskas in ‘n lugdigte houer gebere word.
Sny nou die puntjies van jou pampoentjies af en neem van die sous, afhangende hoeveel pampoentjies jy maak en kook die pampoentjies in die sous tot nog bros.
Laat afkoel en rasper Fetakaas oor.
Bron:  Louisa Prenzler
Foto:  Maritha Blaauw