MOSTERDSOUS

MOSTERDSOUS
Resep jare terug by my Ma gekry
(Ek gebruik die ook vir doop sous…… BAIE LEKKER)
250 ml strooisuiker
3 eiers
100 ml wit asyn
50 ml mosterdpoeier (Gesif)
Sout na smaak


Sit al bestanddele in order in kastrol. (Ek gebruik ‘n Dubble-boiler)
Meng met klitser.
Bring water in onderste kastrol na kookpunt toe.
Roer aanhoudend tot dik word.
Sodra die borrels verdwyn, is sous reg.
Maak 400ml

Resep geplaas:  Diane Roode Hancox