MOSSELSOP VAN VARS MOSSELS

MOSSELSOP VAN VARS MOSSELS
Bestandele nodig vir resep.
uie
knoffel
mossels
room
1 x Royco (Gourmet Soup) Seafood a la cream
1 x pakkie dik wit uiesop

Was Mossels in bak water – giet suurlemoen sap ook oor.
Dreineer laat dit bietjie droog word  anders as jy dit by die uie en knoffel gaan braai gaan dit te waterrig wees.
As dit is, is dit ook nie doodsake nie.
Braai uie en knoffel met botter.
Voeg mossels by en braai vir so 5 min.
Voeg suurlemoensap by  na smaak.
Meng die room en Royco pakkie sop en dik wit uiesop saam.
Meng in by uie, knoffel en mossels sop te maak.
As die gekook vir jou te dik is  kan jy nog room of melk by voeg, hang af hoe jy van jou sop se dikte hou.
Jy kan sout en peper ook na smaak bysit as jy dink dis nodig.
Laat prut vir so halfuur of so  jy sal proe as dit reg is (na jou smaak.)

Resep: Benhet Nieuwenhuis