MIKROGOLF 30 DAE MUFFINS


MIKROGOLF 30 DAE MUFFINS
Hierdie een werk goed as mens net een of ‘n paar muffins wil maak, bêre die res van die deeg in die yskas en gebruik soos nodig. Die deeg hou tot 30 dae in die yskas.
2 eiers
300 g bruinsuiker
80 ml olie
300 g koekmeel
2 ml sout
8 ml koeksoda
500 ml semels
500 ml melk
5 ml vanilla
250 g koekmengsel/neute/rosyne
Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestanddele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.
Skep ‘n lepel hoog vol in klein houertjie en mikrogolf vir 3- 4 min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op ‘n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seel en bere in die yskas. Gebruik soos benodig.
Foto: Zelda Snyman de Villiers
Dankie Rina Kleinhans vir Al jou hulp. Die muffins is bietjie droog maar baie lekker en Ek dink baie gesond ook – Rina antwoord, dalk moet jy hulle bietjie korter bak in in die mikrogolf laat staan vir ‘n minuut of twee. – Zelda Snyman de Villiers – Ek het nou vir 3 min gemaak ipv 4 en dis perfect. Baie lekker. Sal nooit n ander resep gebruik nie.