MARMELADE PAMPOEN


MARMELADE PAMPOEN
Hierdie resep kom uit Clocolaan, Vrystaat. Dit is van my grootouma al 5 geslagte in die familie, die resep gee ek nou vir die heel eerste keer uit. Geniet!
500 ml gaar pampoenblokkies
125 ml marmelade
5 ml kaneel
2 ml gemmer
125 ml suiker
3 eiers
250 ml room
5 ml karamelgeursel
5 ml vanillageursel
sout en peper na smaak
gekapte amandels vir garnering
Voer ‘n bakskottel met enige broskors van eie keuse uit.
Plaas die pampoen op die deeg, sprinkel bietjie sout en peper oor die pampoen en skep die marmelade oor.
Meng die kaneel, gemmer en suiker en strooi dit oor die pampoen en marmelade.
Klop die eiers, room en geursels saam en giet dit oor die pampoen.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ÂșC tot gaar en ligbruin, ongeveer 20 – 30 minute.
Strooi gekapte amandel oor voor opdiening.
Wag vir die komplimente!
Resep: Floraine Wasserman Venter