MARITHA SE JAN ELLISPOEDING

jan ellistested
MARITHA SE JAN ELLISPOEDING
Beslag:
5 ml koeksoda
125 ml melk
375 ml bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
30 ml fyn appelkooskonfyt
25 ml baie sagte botter/ margarien
1 ml sout

Sous:
250 ml water
250 ml room of 500ml melk
250 ml botter / margarien
250 ml suiker
5 ml vanilla

Voorverhit oond tot 180°C.
Spuit poedingbak van 2 liter met kleefwerende middel.
Los koeksoda in die melk op.
Meng die res van beslag se bestanddele.
Roer sodamelk by en meng baie goed.
Skep beslag in bak, moenie kleiner bak gebruik nie, al lyk dit min.
Bak die poeding vir 25 tot 30 minute.
Verhit die sous se bestanddele tot kookpunt.
Giet die sous oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Laat die poeding ‘n rukkie staan. Dien louwarm poeding op met vla of vanilla roomys.

Foto:  Maritha Blaauw