MALVA SJOKOLADE TERT


MALVA SJOKOLADE TERT
Maak kors van 1 pakkie Romany Creams, rol fyn en voeg 2-3 eetlepels gesmelte botter by, so klam soos seesand.
Druk vas onder-in tertbak.
Vulsel:
Verhit 1 pak (150 g) malvalekkers saam met 250 ml melk.
Roer oor hitte tot gesmelt.
Roer 200 g donker sjokolade, in blokkies gebreek, by tot gesmelt.
Laat afkoel.
Klits 250 ml vars room styf en vou by sjokolademengsel in.
Skep in tertkors. Rasper sjokolade oor of breek flake in stukkies bo-oor.
Plaas in die yskas om te stol.
Bedien met vars bessies of enige ander vrugte.
Foto: Liezl van Niekerk