MAALVLEISPASTEI MET OOR-GOOI DEEG
MAALVLEISPASTEI MET OORGOOI DEEG
Vulsel:
1 kg maalvleis
500 ml koue water
250 ml sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
1 ml peper
Kors:
1 eier
125 ml melk
125 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Plaas al die bestanddele vir die vulsel in ‘n kastrol en meng met ‘n groot vurk.
Verhit tot kookpunt, roer gereeld en kook 5 min tot mengsel nie meer pienk is nie, maar steeds souserig.
Kors (oorgooi deeg):
Klits eier, olie en melk saam. Sif meel, bakpoeier en sout en meng dit met eiermengsel.
Skep beslag oor warm vulsel. Bak sowat 30 min by 180ÂșC
Ek het helfte van vulsel gebruik en hele kors en dit so 20 min in konveksieoond gebak.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling

