LYDIA SE WORTELKOEK

wortelkoek
LYDIA SE WORTELKOEK
Resep: Vriendin Lydia Jooste
Foto:  Rina Kleinhans
My Vriendin Lydia is ‘n baas bakster en hierdie is haar resep. Uit die boeke lekker.
2 koppies koekmeel
2 koppies suiker
1 ½ koppies kookolie
3 koppies gerasperde wortels
1 koppie kersies opgesny
1 koppie gekapte neute
2 teelepel kaneel
½ teelepel vanilla geursel
½ teelepel sout
1 ½ teelepel koeksoda
1  teelepel bakpoeier
4 extra groot eiers

Klits suiker en eiers saam. Voeg olie gelydelik by. Sif die droë bestanddele saam en meng goed met die eiermengsel. Voeg die vanilla by, roer kersies, neute en wortels in en meng goed.
Skep in twee voorbereide koekpanne en bak vir 30-40 min by 180°C of in een groot pan en bak dan vir ongeveer 1 uur of tot die toetspen skoon uitkom

VERSIERSEL
500 g roomkaas
3 ½ koppies versiersuiker
½ teelepel vanilla geursel
Plaas alles bymekaar en klits, moenie te veel klits nie dan word dit al slapper, klits net tot alles gemeng is. Versier die afgekoelde koek soos verkies.