LOUISE SE MAGIC SOUS

 

spur sousietested

LOUISE SE MAGIC SOUS
Dit is wat ek al jare doen en my pels sê dit smaak lekkerder as die Spur s’n, hulle het dit Magic Sous gedoop:
Meng een groot pot mayonnaise met omtrent 150ml suiker plus ‘n paar druppels Pakco Peri-peri sous. Verdun dit met water, begin met omtrent ‘n kwart koppie en dan kan jy meer bysit om dit die dikte te kry dat jy dit kan skink.
Ek meng dit in die voedselverwerker, laat dit rukkie staan dat suiker kan oplos en meng dan weer. Dit moet die Pakco sous wees, niks anders werk so lekker nie.

Resep en foto:  Louise Groenewald