LINDA SE KERRIESULT

kerriesulttested

LINDA SE KERRIESULT

3 kg beesskenkels (ek gebruik ook graag ‘n mengsel van vark-pootjies (“Trotters”) “Eisbeins” en skaap-skenkels! )
5 ml swartpeper en sout
3 middelslag uie
30 ml sonneblomolie
30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
375 ml bruinasyn
30 ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2 ml gemaalde koljander

Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank. Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.
LET WEL:
Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en voeg nog kookwater by. Proe daaraan of dit ekstra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word..

Bron en foto:  Linda Venter