LEWERKOEKIES


LEWERKOEKIES
Hierdie is my eie resep. Die mates is by benadering want ongelukkig hou ek nie altyd rekord van hoeveelhede nie, jammer.
1 groot skaaplewer (of bees/wild), skoongemaak en velletjie afgetrek
250 g spek
2 groot uie
3 groot eiers
2 snye brood
1 blikkie geroomde sampioene
Bogenoemde sit ek alles deur die vleismeule.
Voeg by:
sout en peper na smaak
1 groot handvol gekapte pietersielie
5 ml oreganum
2,5 ml komyn
knoffelspeserye na smaak
Laastens sif bruismeel by om ‘n nie te slap degie te vorm, vorm die koekies en braai in vlak olie tot goudbruin en gaar.
My mense lief dit.
Resep en foto: Rene Wessels