LEMON MERINGUE TERTJIES

lemon merique tertjies
LEMON MERINGUE TERTJIES
Hallo julle! Nou hier gaan ek gou vir julle my resep opsit vir die lemon curd en die mini meringues!
Die lemon curd eerste.
4 koppies suiker
250 g botter
4 lemoene
4 suurlemoene
skil van 3 suurlemoene
8 eiers

Meng die suiker, botter, suur-en lemoensap en die skil.
Sit op lae hitte en verhit stadig tot kookpunt.
Klits die eiers, voeg by en roer tot die mengsel dik is.

Het dit baie stadig verhit sodat dit nie skif nie en het dit nie in ‘n dubbelkoker gemaak nie.
Skep in bottel en gebruik soos jy nodig kry.
Hierdie is redelik baie hoor… lol, maar ons gebruik baie en dit is baie lekker!

Vir die lemon meringues:
Die doppies is klaar gekooptes.
1 pakkie lemon merinque kitspoeding
400 ml melk
3 groot (opskeplepels) lemon curd

Meng die lemon merinque kitspoeding met die melk.
Klits goed tot dit begin styf word.
Voeg hierby die lemon curd en klop verder tot net goed gemeng.
Maak ‘n spuitsak vol en spuit in die doppies. Hierdie mengsel is lekker dik.
Klits eierwitte met suiker styf en spuit bo-op en sit in die oond vir omtrent 5 min in die oond.

Van die oond het ons hulle dadelik in platter borde gesit en gestuur.
Het ‘n klompie ekstra gemaak, maar die klomp hier het hulle so vinnig opgeeet, hulle het nie kans gehad om koud te word nie.
Die vulsel was baie lekker, maar sou net graag wou sien as hulle koud is hoe styf die vulsel was.

Foto en resep:  Tanya Rossouw