LEKKER SOUS VIR ALLES
(Braaisous) Ek gebruik my pappadella’s se sous eintlik vir alles. Dit vries goed.
Braaisous (1.4l sous)
BESTANDELE
2 groot uie
2 knoffelhuisies
Olie
1 blik (410g) tamatiePUREE
1 pakkie beesstersoppoeier
2k kookwater
1 bottel (470g) blatjang
30ml suiker
METODE
Kap uie en knoffel fyn , braai in olie.
Meng tamatiepuree, beesstertsoppoier by die uiemengsel.
Roer kookwater by. Roer en verhit tot kookpunt.
Voeg blatjang en suiker by en laat opkook.
Bron: Maria Liebenberg