LEKKER FUDGE

lekker fudge2tested

LEKKER FUDGE
1 blik kondensmelk
150 ml melk
50 ml goue stroop
250 ml suiker
150 ml botter
5 ml vanilla geursel

Smelt alles behalwe vanilla saam in kastol. Bring tot kookpunt maar bly roer. Hou aan met kook en roer vir so 30 tot 45 min tot goudbruin.
Haal af van hitte en as dit ophou met kook en bietjie afgekoel het gooi vanilla by(wees versigtig dit kan gaan borrel en opspat!) Giet uit in bakplaat en as al amper gestol sny in blokkies en as helemaal afgekoel en goed gestol haal uit en geniet!!
Resep geplaas deur: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot