LEKKER DOOPSOUS

LEKKER DOOPSOUS
½ koppie bulgaarse jogurt
2 ringe fetakaas, gekrummel
1 eetlepel olyfolie
swart peper
klein bietjie fyn knoffel, opsioneel
Meng alles saam en bedien met kersietamaties. Heerlik.
Resep: Myra Prinsloo
Piekeleiers is heerlik! Meng die volgende saam – fyngemaakte, gekooke eiers, seekosmayonnaise, sojasous, sout en ‘n fyngekapte ui. (Alles na smaak)
Bêre die mengsel in ‘n glasbottel in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder.
Die probleem is net dat dit nie lank hou nie, want die kinders eet dit op die brood, pa saam sy vleisies en ma sommer so skelm met ‘n teelepeltjie!!!
Resep: Santie Carelse