LAMSBOUD IN WYN

MIKROGOLFOOND

LAMSBOUD IN WYN

(Mikrogolf) (8-10 porsies)
Onthou om altyd alle oortollige vet aftesny van groot vleis snitte af wat jy in die mikrogolf gaarmaak, dit verhoed dat die vleis in die binnekant gaar word, want die vet absobeer die mikrogolwe.

2 kg lamsboud
2 knoffelhuisies in repe gesny
5 ml appelkooskonfyt
Sout na smaak
Swart en wit peper na smaak
Goeie knypie vars of droe roosmaryn
5 ml botter
250 ml wit wyn
25 ml kappertjiesaad
125 ml room

Droog vleis goed af met kombuispapier. Maak snitte in vleis met skerp mes en druk die knoffel repe in elke snit. Mikrogolf appelkooskonfyt vir 10 sekondes op hoog tot sag en verf oor die vleis. Strooi sout, pepers en roosmaryn oor die vleis. Verhit die bruineerbak 8 min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3 min op hoog. Plaas vleis in bak en mikrogolf 2 min op hoog. Draai die vleis om en mikrogolf 2 min op hoog. Stel oond op laag en mikrogolf vleis 50 min – draai na 25 min om. Giet wyn oor vleis en mikrogolf nog 50 min op laag – draai na 25 min om. Voeg kappertjiesaad en room 15 min voor einde van gaarmaaktyd by. Laat vleis 30 min in bruineerbak staan en sit dit dan voor.