KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT

KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT
30 g botter
8 hoenderstukke
basiliekruid
origanum
tiemie
sout en peper
35 ml suurlemoensap
250 ml droƫ witwyn
250 ml warm hoenderaftreksel
12, 5 ml sjerrie
100 ml room
mielieblom
Sprinkel die kruie oor die hoender en braai bruin in die stoompot. Giet die suurlemoensap, wyn en aftreksel in, bedek, bring tot hoog en kook vir 15 minute.
Verminder die drukking en haal die deksel af, meng die sjerrie, room en mielieblom en roer by die hoendermengsel. Laat die sous verdik en bedien.