KORINGSLAAI MET EIER

KORINGSLAAI MET EIER

250 g gekraakte koring
2 groot agurkies
1 ui
2 ryp tamaties, ontpit
4 selderystingels
2 wortels, geskil
1 rooi soetrissie
25 ml vars pietersielie, fyn gekap
25 ml vars koljanderblare, fyn gekap
25 ml mentblare, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
100 ml slaaisous van jou keuse
2 eiers, hardgekook en fyn gekap

Kook die koring 15 minute of tot net gaar, dreineer en hou eenkant.
Sny die agurkies, ui, tamaties, seldery, wortels en rooi soetrissie in baie klein blokkies.
Meng met die koring, pietersielie, koljanderblare, kruisementblare, sout, peper en slaaisous.
Meng alles goed en garneer met fyn gekapte eiers.

WENK: Koringslaai is goedkoop en kan ‘n gewone ete baie rek. Dis heerlik as ‘n slaai saam met ‘n braai of sommer so op sy eie.
Resep: Bernice van der Merwe