KOOL- EN DADELSLAAI

KOOL- EN DADELSLAAI
½ koolkop, gewas en in dun repe gesny
200 g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap
¼ koppie grondbone
gekapte pietersielie

SOUS:
125 ml mayonnaise
50 ml kondensmelk
25 ml asyn
25 ml olie

Meng kool, kaas, dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.

Bron:  Carol Elliott Claassen