KOOL, BROCCOLI EN MURGPAMPOEN

KOOL, BROCCOLI EN MURGPAMPOEN
Teen die ouderdom van 7-9 maande kan jy begin om nuwe smake en teksture aan jou baba bekend te stel. Maaltye is nou ‘n tyd vir nuwe ervarings en hierdie resep het ‘n growwer tekstuur, is hoog in vesel en vitamiene en maklik om te maak.
(Maak 300-500 ml)
1 k gekapte groenkool
1 k gekapte broccoli
1 k gekapte murgpampoen
2 e roomkaas
Prut die groente 10 minute in 4 eetlepels water tot sag. Laat effens afkoel en meng die roomkaas by met ‘n vurk.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.
KARLIEN JACOBS