KOEMKWATS IN WYN

KUMQUARTS
KOEMKWATS IN WYN
Vriendin Marietjie Stegman se kommentaar: Ek het die stroop verdubbel en dit was net genoeg. Ek het nie die koemkwats posjeer nie, maar ‘n rukkie gekook in die stroop

2 kg koemkwarts
500 ml droƫ wit wyn
125 ml heuning
1 stuk pypkaneel
2 heel naeltjies
Prik die koemkwats en sit een kant neer. Verhit die res van die bestanddele tot kookpunt. Verlaag die hitte en posjeer ‘n klompie koemkwats op ‘n keer tot sag. Skep die koemkwats met ‘n gleuflepel uit en plaas dit in voorbereide glad flesse. Vul die flesse met die warm wynstroop en verseel dit dadelik. Laat dit afkoel. Bewaar dit op ‘n koel, donker plek.
Dit is heerlik saam met gestoomde winterpoedings en room.