KOEKSISTERS MET WARM STROOP
Vryf die botter met die vingerpunte in die meel in, gooi dan die bakpoeier en suiker by. Maak aan met melk waarin die eier geklits is. Meng goed en laat rus die deeg.(uur of langer as jy tyd het)
Rol die deeg uit, sny en vleg. Moenie deeg teveel hanteer en rek nie….
Bak in warm olie tot ligbruin.
Stroop
4 koppies suiker
2 koppies water
1 eetl goue stroop
Knippie wynsteensuur
Kook die bestanddele saam vir 5 min en dompel die warm koeksisters in die warm stroop. Haal uit en laat koud word voor bediening. Bere in die vrieskas en bedien yskoud
Nota:
Kan ook bietjie suurlemoensap by die stroop sit nadat dit klaar gekook het, om die soet bietjie te breek, begin maar by so 30 ml en proe, moenie teveel insit nie.
Resep geplaas deur: Rina Kleinhans
Foto: Elaine Steyn Steyn – Wou vinnig koeksisters bak, nie tyd gehad vir my gewone resep nie. Het hierdie resep van julle probeer en dit is absoluut awesome. Ek het 15 ml suurlemoensap by stroop gevoeg. Deeg is baie pap, so ek het baie meel vir uitrol gebruik. Sal dit beslis weer maak. Dankie vir resep☺
2de foto: Retha Fouche – Smaak héérlik!! Dankie vir die raad en resepte!!


