KNUPPELDIK SE KOEKSISTERS

KOEKSISTERS CECILIA
KNUPPELDIK SE KOEKSISTERS
Maak stroop en deeg die vorige aand aan (Lewer 5-6 dosyn)
Stroop:
8 x 250 ml suiker
1 liter water
20 ml gouestroop
2 ml kremetart
1 ml wynsteensuur
6 stukkies vars gemmer
15 ml suurlemoensap


Knypie sout
4 ¼ koppies ongesifte koekmeelblom
20 ml bakpoeier (opgehoop)
5 ml sout
60 ml margarien
375 ml melk
1 eier
Verhit suiker, water en gouestroop tot kookpunt, roer sodat suiker smelt voor die stroop kookpunt bereik.
Kook stroop 8 minute, haal van stoof af, roer kremetart, wynsteensuur, sout en suurlemoensap by en laat afkoel.
Plaas in koelkas.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter in droë bestanddele in tot goed gemeng.
Klits melk en eier saam, voeg by meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte, rolbare deeg (voeg ‘n bietjie meel of melk by indien nodig).
Knie goed.
Bedek en laat oornag in koelkas staan.
Rol deeg dun uit op ‘n oppervlak wat liggies met olie gesmeer is en sny in stroke van 1cm wyd, 10cm lank, vleg en plaas op ‘n skinkbord.
Bedek met plastiek.Bak koeksisters in diep, warm kookolie tot mooi bruin.
Bak eers een kant, dan ander kant.
As die olie te warm is, lyk die koeksister reg aan die buitekant, maar is rou binne.
Doop hul vinnig terwyl nog warm in die yskoue stroop.
(Plaas stroop in 2 bakke, hou een in die koelkas en plaas die ander wat gebruik word in ‘n skottel yswater).
Plaas koeksisters op ‘n draadrak oor ‘n skinkbord sodat oortollige stroop kan afdrup.
Ek het my stroop in die vrieskas gesit. My deeg net 7 ure in die yskas laat rus.

Foto: Cecilia Woest Hunwick-
Resep: Knuppeldik aan Koningskos