KLAPPERYS (ONGEKOOK)

KLAPPERYS 2
KLAPPERYS (ONGEKOOK)
Hiers ‘n vinnige klapperys vir kinder partytjies
3½ koppies klapper
4½ koppies versiersuiker
¼ teelepel kremetart
1 teelepel vanilla geursel
1 blik kondensmelk
¼ teelepel sout

Meng goed saam in ‘n mengbak, verdeel in twee. Druk een helfte in gesmeerde pan van 20 x 25 x 5 cm vas.
Kleur die ander helte met voedselkleursel van u keuse, druk dit bo-op die eerste laag vas. Laat styf word in yskas en sny in blokkies.
NB: hierdie klapperys is baie soet
Resep:  Pieter Velthuizen