KERRIESOUS VIR FRIKKADELLE of MAALVLEIS

KERRIESOUS VIR FRIKKADELLE of MAALVLEIS
1 ui (fyngesny)
10 ml kerriepoeier
5 ml suiker
15 ml asyn
125 ml appelkooskonfyt
bietjie kaneel (opsioneel)
1 knorr hoender of biefblokkie
Bietjie Maizena in water opgelos

Meng bestanddele saam in 400 ml kookwater, en plaas op die stoof,   verdik met bietjie maizena
Skep oor gaar frikkadelle of gaar maalvleis en kook vir paar minute saam
Resep: Heiner Lange