KERRIENOEDELSLAAI 20 Porsies 2 koppies skroefnoedels, gekook en gedreineer
375 ml tamatiesous
375 ml asyn
75 ml kookolie
375 ml suiker
15 ml kerriepoeier
2 groot uie, gerasper
1 groen soetrisse, gekerf
1 rooi soetrissie, gekerf
7.5 ml borrie
5 ml mosterdpoeier
5 ml sout
3 ml peper
Meng al die bestanddele en meng goed deur die gaar noedels. Resep: Michelle Nel