KAMPVUUR BROODROL

KAMPVUUR BROODROL
Resep: Jana Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie spek
1 groot ui
1 rooi soetrissie
1 blikkie 410 g mieliepitte, dreineer
350 g kaas, in blokkies gesny
1 eetlepel DêM-Nice Karoo Spice
gekoopte brooddeeg

Braai fyngekapte ui en spek tot lekker bros. Voeg soetrissie by en braai bietjie. Nou kom die blikkie mieliepitte in. Meng net deur en haal van die hitte af. Vat die gekoopte brooddeeg en rol hom in ‘n langwerpige stook uit, nie te dun nie nie te dik nie. Sprinkel DêM-Nice Karoo Spice bo oor die deeg. Nou kom jou vulsel van spek ens bo-oor gesprinkel. Laaste sprinkel die kaasblokkies oor. Rol die deeg op en plaas op ‘n gesmeerde pan in die oond 180°C vir 45 min of in ‘n pot bo op die kole. As dit gaar is sprinkel liggies spice en pietersielie oor vir garnering. Sny in skywe en geniet warm. Oppas vir die warm kaas!