KAASHARTJIES

KAASKOEKIES
KAASHARTJIES
Resep en foto: Ria Scheepers
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml koekmeel
knypie sout en rooipeper
250 g yskoue botter (ek het stork margarien gebruik)
250 g gerasperde Cheddarkaas
½ teelepel fyn rissievlokkies (ek het 1 teelepel vars rissies gebruik)
1 eiergeel
25 ml melk

Verhit die oond tot 180ºC.
Sif die meel, sout en rooipeper saam.
Frummel die botter, kaas en rissie in die meelmengsel, tot ‘n deeg te vorm.
Rol die deeg tot taamlik dun uit op ‘n meelbestrooide blad en druk hartjievorms uit met ‘n drukker.
Plaas die koekies op ‘n voorbereide bakplaat, los spasies tussenin.
Klits die eiergeel en melk saam en smeer die hartjies daarmee.
Bak ongeveer 10 minute. Geniet!