KAAP-MALEISE KOESISTER

koesisters
KAAP-MALEISE KOESISTER
Lewer 36 koesisters
6 middelslag aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 ml melk
60 ml olie
60 ml botter, gesmelt
1 groot eier, liggies geklits
1 x 10 g pakkie kitsgis
60 ml suiker
700 g (5×250 ml) koekmeel
5 ml sout
7 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde gemmer
2 ml gemaalde naeltjies
2 ml gemaalde kardemon
5 ml heel anyssaad
5 ml fyngdrukte of gemaalde naartjieskil
olie vir diepbraai

Stroop:
250 ml water
200 g (250ml) suiker
2 kardemompeule, opgeskeur

Kook aartappels in water tot sag. Dreineer water af en druk fyn. Voeg melk
olie, botter en eier by en druk fyn sodat daar geen klonte is nie (druk deur
sif indien nodig).
Plaas kitsgis, suiker, meel, sout al die speserye en skil in ‘n groot mengbak.
Voeg aartappelmengsel by en meng goed tot ‘n gladde deeg.
Bedek met kleefplastiek en laat op ‘n warm plek tot dubbel die volume rys
(sowat 1 uur). Knie deeg af en keer op meelbestrooide oppervlak uit.
Rol stukke deeg in langwerpige vorms (6 cm x 2.5 cm) en laat 15 min eenkant rys. Diepbraai in warm olie tot goedbruin. Haal uit met gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.

STROOP:
Plaas intussen al die bestanddele, behalwe klapper in n kastrol en verhit tot kookpunt. Roer totdat suiker heeltemal opgelos is het. Hou aan roer en prut oor lae hitte tot stroop lagie op die agterkant van n lepel vorm.
Dompel koeksisters in warm stroop en rol in klapper tot goed bedek. Sit met koffie en tee voor.
Wenk:
Hoe gladder en sagter die aartappel-meelmengsel,hoe beter die eindresultaat.
Resep en foto: Peggy Devine