JUANITA SE ERTJIESLAAI

tested

JUANITA SE ERTJIESLAAI
Ek eet nie ertjies nie, maar hierdie resep van my ma is so lekker, ek KAN nie ophou eet nie.
1 pak (250 g) gesnipperde spek
1 koppie blaarslaai, fyngekap
1 ui, fyngekap
500 g gevriesde ertjies
2 koppies Miracle Whip, kan gewone mayonnaise ook gebruik
½ koppie kondensmelk, opsioneel
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie Bacon Kips, fyngedruk

Braai spek en ui. Kook ertjies liggies, dreineer.
Pak ‘n laag ertjies in slaaibak, dan blaarslaai en spek en ui.
Skep Miracle Whip oor.
Daar kan nou ook ‘n bietjie kaas en Bacon Kips en Miracle Whip oor gegooi word (eie keuse).
Pak weer ‘n laag van alles.
Eindig weer met ‘n laag bacon kips en kaas.
Moenie meng nie.
Meng dit net voor dit bedien word.
Recipe:  Juanita Du Preez