ITALIAANSE ASPERSIESLAAI


ITALIAANSE ASPERSIESLAAI
500 g wit aspersies
10 kersie tamaties, gehalveer
130 g mozzarella kaas, in dun skywe gesny
4-5 basieliekruid blare
60 ml balsamiese asyn
90 ml olyf olie
suiker na smaak
sout en peper na smaak
1 avokado, in dun skywe gesny
Skil die aspersies en sny die “hout” gedeelte af. Kook dit vir 10 -14 minute in sout water met ‘n knippie suiker. Dreineer dit. Kap die basiliekruid blare fyn en meng dit met die asyn, olie, ‘n knippie suiker, sout en peper. Sny die aspersies in die helfte, lengte gewys. Rangskik die aspersies, mozzorella en die avokado in ‘n bak en strooi die tamaties oor. Gooi die “vinaigrette” oor en strooi ‘n paar basiliekruid blare bo-oor.
GEPLAAS DEUR Sanchen Grobler