IDEES VIR ‘N OOIEVAARS PARTYTJIE


IDEES VIR ‘N OOIEVAARS PARTYTJIE
Surika Niemand Meyer
Die volgende was die decor en catering. Catering,het hul doeke gevat (weggooi) en ‘n stootwaentjie gemaak daarvan as die “koek”.  Hul het cupcakes laat maak met die babatjie se gesiggie wat uitsteek en die boude was toe gegooi met ‘n kombersie..alles eetbaar en versiersuiker. Dan het hul platters gemaak(vingerete) soet en sout.
Decor het hul ‘n wasgoed lyn gespan met babaklere op…hul het tafels gedek van 12 elk..die vrouens het gescrapbook,(was ingangsfooi) en die manne het buite gebraai en gekuier…
Was vir ‘n dogtertjie,haar kamer se kleure is pienk/pers. So dit was ook die kleure van die saal. Hoop dit help.

Christine Oosthuizen
was jare terug by ‘n ooievaarstee waar hulle gemmerbroodmannetjies met blou klere gemaak het.

Charmain Venter
Ek het albei my skoonsus en boeta se ooivaarspartytjies gereel.
Pienk partytjie vir Mieke en Blue-Party vir Corne…
Beide die mans en vrouens was na die partytjie genooi. Die mans moes konjak en sigare vir die amper papa bring en die vrouens die gewone geskenkies vir die mama en die baba wat oppad was. Kleredrag was volgens die temas en glo my die mans het dit geniet om pienk te dra. Die mans het die ooievaarspartytjie later meer geniet as die vrouens en behoorlik “gekoer” om die geskenkies.

Diane Roode Hancox
Ek het ‘n foto van ‘n “doeke koek” wat my skoondogter gemaak het.

Vanessa Fourie Willemse
Speel ‘n speletjie soos 30 seconds dit is vet pret en jy lag jou lam deel die dames in 2 spanne in wat nie mekaar ken nie dit breek die ys en dan is almal lekker aan die klets en dis nie stywe affere nie