
HOENDERLASAGNE
(12 ruim porsies)
Hierdie gereg vries baie goed, en is eers lekker na ‘n dag of 2 in die koelkas.
2 gaar hoenders, ontbeen en in stukke gesny
½ pak groen lintnoedels
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene, gekerf
2 gekapte groen soetrissies
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek, gesnipper
2 pakkies room van hoendersop, aangemaak met 3 – 4 koppies hoenderaftreksel
2 vingers knoffel, gekap
sout, peper, kruie en mostert na smaak
Kook noedels gaar in kookwater.
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
Roer aangemaakte sop by en kook goed deur. Geur na smaak.
Meng die vloeistof met die vleis en noedels.
Skep in plat gesmeerde oondskottel en strooi kaas bo-oor.
Bak by 180°C vir 45 min.
Bedien saam met slaai en lekker vars broodjies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans