HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
HEUNING GEROOSTERDE VARKBOUD
1.5 kg varkboud
60 ml rosyne
30 ml roosmarynblare
vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml heuning
sout na smaak
410 g(1 blik) heel tamaties
180 ml appelwyn of ligte witwyn
Verwyder die vel van die boud. Maak met ‘n mes diep kepies in die vetlagie tot in die vleis. Druk ‘n paar rosyne en ‘n paar roosmarynblare in elke keep. Geur vleis met peper en smeer heuning oor die vleis. Maak boud toe in foelie en plaas op ‘n koel plek, maar nie in die yskas nie. Laat staan ten minste vir 12 uur lank. Voorverhit die oond tot 160ºC. Geur die varkboud met sout en bedruip weer met heuning. Plaas boud in oondpan en bak oop vir 1½ uur. Plaas tamaties in ‘n versapper, voeg wyn by en verpulp. Voeg tamatiemengsel by vleis.
Bak nog 30 minute lank. Giet tamatiesous deur sif, sny vleis en sit voor saam met die sous.
Pieter
