HEERLIKE ROMANY CREAMS

romany cream koekiestested

HEERLIKE ROMANY CREAMS
Foto: Barbara Bullock
FOOD LOVERS RECIPES
125 ml (50 g) kakao
150 ml kookwater
500 g botter of margarien, kamertemperatuur
525 g (625 ml) strooisuiker
10 ml vanilla geursel
600 g koekmeel
20 ml bakpoeier
knippie sout
280 g (875 ml) klapper
Vulsel:
1 kg versiersuiker
50 g (125 ml) kakao
300 g margarien
10 ml vanilla geursel
melk om smeerbare vulsel te maak

Los die kakao in die kookwater op en laat afkoel.
Verroom botter en strooisuiker, voeg die kakaomengsel geleidelik by, terwyl klits, roer die geursel by.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam, voeg by die bottermengsel en meng goed deur.
Voeg die klapper by en meng.
Rol balletjies en plaas op ‘n voorbereide bakplaaat. Druk die deegballetjies met ‘n vurk effens plat en bak vir 10 – 12 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ÂșC.
Verwyder uit oond en laat afkoel.
Meng die vulselbestanddele tot smeerbare mengsel en plak die koekies twee-twee aanmekaar met die vulsel.